|
|
| |
|
| |
Hoërskool Randburg is 'n skool waar elkeen 'n ster is. Ons fokus is mense, waardes, diens, keuses en trots.
Ek sien 'n helder vyfpunt-ster verrys bo die horison van 'n stad vol liggies. Soos hy boontoe kruip, word sy ligglans al duideliker tot teen 'n swart agtergrond van 'n oneindige
heelal waar hy helderblink vir ons lig gee - veral in die donker nag.
So is elke kind in ons skool - 'n helderblink meesterstuk op God se skilderboek. Elke ouer en onderwyser
staan trots en skouerhoog wys hulle aan elke kind die pad van geloof bo-oor die donker heuwels van ons tyd.
Die kind kan van 'n spyskaart vol geleenthede kies - daar is
baie paaie waar elkeen se waardes met oorgawe in Jerusalem sal eindig. Paaie wat ons almal onderhou, tot hulle gelyk is vir die wat wil. Trekstange vir die onwilliges soek
unieke kanse - soek die regte kanse - en dan: dan is die pad die aanloopbaan vanwaar God se sterre verrys tot in sy Hemelruim. Helderblink soos Hy elkeen gemaak het.
Hierdie pad en skilderstuk wat lig gee is iets wat elke mens verdien. Dis bykans 'n vereiste vir volwaardige menswees.
Alumni maak plek vir nuwe sterre, is krukke en trekstange
wat inspireer; is soms selfs die gladde teer wat help om sterre hoog die hemelruim in te skiet. Hoog tot God se skilderboek.
En wanneer Hy begin skilder ... dan is ons daar.
|
 |
|
 |