top
       
 
   
   
  Tuis
  Brief van die Hoof
  Inteken
  Registreer
  Kontak Ons
  Skakels
  Fotoblad
  Reunies
   
   
 

HOËRSKOOL RANDBURG, DIE SKOOL WAAR ELKEEN 'N STER IS.

ALUMNI-STIGTING

Ons het almal bande met Randburg! Vir sommige is dit historiese bande; vir ander is dit waar ons onsself tans bevind.

As ons kyk na Hoërskool Randburg se eksamenuitslae sowel as die volgehoue sport- en kultuurprestasies van die huidige leerders sowel as die van Oud Randburgers, is dit duidelik dat gehalte altyd die maatstaf was. En ‘n mens raak bewus van die groot waarde wat Hoërskool Randburg aan ons lewens sowel as aan die gemeenskap toegevoeg het.

Skole word vandag bedreig deur gebrek aan fondse. Ons kan Hoërskool Randburg se magtige invloed nie langer as vanselfsprekend aanvaar nie. As Randburg relevant wil bly om ons kinders, en ons kinders se kinders op te voed, moet daar daadwerklik fondse gegenereer word.

Randburg móét eenvoudig die beste onderwysers en die beste geriewe kry en instandhou om die leerders op te voed.

Die Randburg Alumni-Stigting wil help om Hoërskool Randburg se krag en invloed steeds te laat geld en te laat voortduur in die toekoms.